Agri/BusinessFEATURED

Provinsie se No. 1 Cleaver pryk weer in die Swartland

Die slaghuis van Malmesbury SuperSpar is weer as die beste supermark/kosmarkslaghuis in die Wes-Kaap aangewys in die jaarlikse Cleaver Toekennings vir 2020.
Meer as 600 slaghuise het vanjaar aan die Cleaver-kompetisie deelgeneem.

Volgens die organiseerders was die standaard van deelnemende slaghuise besonder hoog met uitsonderlike dienslewering om selfs in hierdie uitdagende tye van die pandemie by die bestes in die wêreld kers vas te hou.
“Die kleinste persentasies het vanjaar se wenners onderskei as die uitsonderlikes onder die heel, heel beste.”
Die Cleaver-toekennings is ‘n inisiatief van die Rooivleisforum.

Die kompetise het met inperkings vanjaar anders verloop en slaghuise kon vooraf registreer.
Klante kon dan op ‘n unieke kode vir elke slaghuis stem.
Verteenwoordigers van Samic (Die SA Vleisbedryfmaatskappy) het toe dié slaghuise wat meer as ‘n vasgestelde aantal stemme ontvang het, sonder waarskuwing en anoniem besoek om hul op vasgestelde kriteria op lang ‘n kontrolelys te beoordeel.
Freddy Hirsch borg die gesogte trofeë vir die kompetisie.
Daar was vanjaar twee afdelings in die kompetisie – Slaghuise met drie of minder betaalpunte en dan die Supermark- of kosmarkslaghuise.
Die Wes-Kaapse wenners is:

Supermark- of kosmarkslaghuise:
1) Malmesbury SuperSpar (Platinum)
2) OK Foods Elto Towers, Kuilsrivier (Goud)


Slaghuise met drie of minder betaalpunte:
1) Akeru Slaghuis, Gordonsbaai (Platinum)
2) Tollies Slaghuis, Mosselbaai (Goud )
*Inskrywings vir die 2021 Cleaver-toekennings open in Maart 2021.
www.beeftalk.co.za

Leave a Reply

error: Content is protected !!