Goue Aar wy voltooide lapafasiliteite in

Die Goue Aar tehuis vir bejaardes op Malmesbury het vanoggend hul geplaveide lapa-ontspanningsarea met meubels en groentetuin geopen.
Leon Venter, bestuurder van Goue Aar, het die borge, Slim Sun en Legendary Thatching, bedank vir die fasiliteit wat ekstra onspanningsgerief aan inwoners bied.

Die tehuis se koor en inwoners het by die geleentheid gesing alvorens die lint deur Anthony Corin en Christine van Zyl van Slimsun en Gawie Swart van Legendary Thatching geknip is.

Fritz Cornelissen (voorsitter) het namens Goue Aar se beheerraad ook hul dank uitgespreek vir die skenking.
Die senior inwoners het op hul beurt as ‘n blyk van waardering handgebreide poppe aan Van Zyl oorhandig om elders aangewend te word vir kinders in nood.

Hier staan bestuurder Leon Venter, Christine van Zyl en Anthony Corin van Slimsun, Gawie Swart van Legendary Thatching en Fritz Cornelissen (voorsitter van die beheerraad).

Leave a Reply

error: Content is protected !!