EntertainmentLatest

‘n Propvol kunsmaand in die Riebeekvallei

Desember in die Swartland en die Riebeekvallei is vanjaar propvol kuns met woordkuns (Poetry Jam) teaterproduksies en optredes, kunsuitstallings en die kunshoogtepunt met die gewilde Solo Studios van 11 tot 13 Desember.

Die nuwe amfiteater (Royal Arts Town Amphitheatre) het ‘n nuwe tuiste geword vir die uitvoerende kunste.
Die laaste klompie maand reeds word daar maandeliks ‘n woordkunsoggend aangebied met digters wat van hulle werke voorlees.
Vanoggend was weer so ‘n oggend.

Teatergangers kon ook Vrydagaand en gisteraand die bekroonde eenvrouvertoning van Lynita Crofford, An Audience with Mis Hobhouse, hier kyk ná die onlangse stuk uit die pen van Clare Stopford, Covid Moons.
Tydens die Solo Studios-naweek propvol aktiwiteite waaronder die geleentheid om kunstenaars in hul ateljees te besoek, is daar ook optredes by die teater.
Besoek gerus die webwerf www.artstown.co.za vir meer inligting en besprekings.

Onder die uitvoerende kunste op die naweek se program (verskillende venues) is
Middelman – ‘n musiek- en woord-produksie van Rudolph Willemse se poësie deur akteur Marcel van Heerden en vriende.
eerstemense – die plaaslike skrywer en digter Donker Jonker voor sy poësie op as aktiewe woordkuns. Intense, intieme teater geïnspireer deur die beeldhouer Andries Dirks en onder die regie van Mark Graham-Wilson kyk die stuk na die tyd toe die Riebeekvallei deur die Khoi en San bewoon is. Daar is reeds Woensdagaand 9 Desember die eerste optrede van eerstemense
The Harlequin’s Needle – met Georick Veltman (oftewel The Mirrorsister) in die hoofrol en onder regie van Mark Graham-Wilson ondersoek dié stuk, gebaseer op projeksies (letterlik en figuurlik) met weerspieëling en monoloog, dit die idees van vrees, vervreemding en seksuele mishandeling en emansipasie wat die queer gemeenskap.
The Olive Branch Project se grootskaalse produksie van die Riebeek Valley-gemeenskap van Shakespeare se Romeo en Juliet is in die vroeë stadium van voorbereiding, met kunstenaars en ontwerpers wat die temas van verdeeldheid, vooroordeel, liefde en versoening ondersoek. Besoekers van Solo Studios sal die geleentheid kry om die gewoonlik privaat verhouding tussen regisseur en akteur te sien deur middel van demonstrasieoefeninge gelei deur Mark Graham-Wilson.

Leave a Reply

error: Content is protected !!