Agri/BusinessNews

Krone, Kuhn jaag voor in baleruitdaag

In die baleruitdaagresies wat Donderdag op Meerhof by Riebeeksrivier gehou is, het deelnemers hul vernuf aan die dag gelê en plek-plek die oë laat rek soos hul vir die eindstreep gejaag het.

Jacques van Wyk van Optimal Agri sê hulle het die dag saam met Farmspace, VR Boerdery en Meerhof aangebied ten bate van droogtehulp, “maar ook om ‘n jaarlikse instelling te begin om die verskaffers van landbou-implemente en toerusting te kry om hulle produkte in die Wes-Kaap te kom wys.
“Ons boere het ‘n behoefte om die produk op ons tipe grond te kan sien werk.”
Deelnemers het in twee afdelings – vaste kamer en wisselbare kamer – deelgeneem.

In die afdeling vir vaste kamer-balers het die Krone Comprima met 48,96 punte en 16,6 ton per uur die eerste plek verower. In die tweede plek was Massey Ferguson met 37.02 punte gevolg deur die Fortima (36.2) en Claas (35.23).

Die afdeling vir wisselbare kamer-balers is deur Kuhn gewen met 48,55 punte, gevolg deur Claas (41.07), Krone (40.94) en Massey Ferguson (39.38).
Sien die bygaande tabel vir die volledige uitslae.


Van Wyk het die deelnemers en medeborge bedank. Hy het ook Meerhof bedank en bygevoeg dat daar 25 ton se bale saam met Agri Malmesbury vir droogtehulp geskenk gaan word.

“Baie geluk ook aan Krone en Kuhn met jul 1ste plekke.”
Daar is ook ‘n prys vir “Speed Racer” toegeken aan Devin Dedwith wat in die afdeling vir wisselbare kamer-balers nie gras (strooi) onder sy voete laat groei het nie. Hy het ook dié afdeling gewen.
Van Wyk het al die deelnemende verskaffers – Krone, Landini, McCormick, Massey Ferguson, Fendt, Valtra en Kuhn – bedank vir hul deelname, asook Paardeberg Motors, Gertjie Odendal en VR Boerdery wat die 25 ton bale vir droogtehulp borg.

Hy het bygevoeg dat hulle reeds besig is om te “beplan aan ‘n planterdag in Maart/April 2021 en ook n strooier/spuitdag.
“Ons gaan ook kyk na ‘n wingerd/sitrusdag en ook nog vir die ander boerderye soos groente en melk.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!