Oom Schalk Lourens kuier in die Swartland
Op ‘n somersaand in die Swartland met die sekelmaan wat hang en ‘n ornamentele windpomp wat spin in die wind saam met naggeluide, kry Oom Schalk Lourens in die opelug voor ‘n amfiteatergehoor aan die voet van Kasteelberg opnuut nuwe lewe.
David Muller se eenmanvertoning Oom Schalk from the heart vanaand waarin Herman Charles Bosman se Marico-stories herleef, was meesterlik.
Herman Charles Bosman het die beroemde karakter Schalk Lourens as verteller geskep en in die meeste van sy kortverhale gebruik.
Muller, onder regie van Celia Musikanth, sit ‘n lang tradisie van hierdie klassieke storievertelling deur onder meer Percy Sieff en Patrick Mynhardt voort en doen dit uitstekend.
Hy vertel Bosman se verhale nou al etlike jare.
Muller neem die karakter van die boer Oom Schalk Lourens en oortuig met sy inlewing in die stories met karakters soos Willem Prinsloo, bekend vir sy “peach brandy” en bakens soos Abjaterskop.
“Finishing School”, posseëldae en ‘n luiperd onder ‘n withaak is tipiese elemente van stories wat jou boeiend terug neem in tyd en oortuigend na die bosveld verplaas.
Daar is nog een vertoning môreaand, 19 Desember.
Bespreek by https://artstown.co.za/event/oom-schalk-from-the-heart-19-december/