EntertainmentLatestOns Mense

Esau ‘klein man wat groot kon skilder’

Die bekroonde kunstenaar Sandy Esau van Darling het diep spore in die kunswêreld getrap met sy uitsonderlike kuns.
Bekend vir werke van groepe dansers, musikante, nguni beeste, vissers, arbeiders, boere en township-tonele, het Esau se eerste solo-uistalling in 2001 op Darling plaasgevind en sedertdien het hy van krag tot krag gegaan met tientalle uitstallings.

Hy het aan die Ruth Prowse Kunsskool studeer onder die bekende Eric Loubser en Ryno Swartz asook onder leiding van Judith Mason nadat hy in Vooruitsig Primêr en Atlantis Senior Sekondêr op skool was.
Hy was ná kunsskool gedwing om elders te gaan werk omdat hy nie ‘n lewe kon maak met die kuns nie. Esau was aanvanklik ‘n visserman en het ook by die Koeberg-kernkragsentrale gewerk voordat hy in die jaar 2000 voltyds begin skilder het.
En in 2002 is hy as een van die wenners van ‘World Art City’-kompetisie by die wêreldberaad oor volhoubare energie aangewys.
Die Universiteit Stellenbosch Museum het Esau se kuns opgeneem in hul versameling onder ‘Hedendaagse Kaapse kunstenaars’ in 2008.
Kunstenaars soos Monet en Van Gogh het hom inspireer.

Esau het vroeër in ‘n onderhoud vertel hy het baie jonk begin.
“Ek het van laerskool af begin skets. Op Hoërskool het ek myself geleer en geëksperimenteer met verskillende soorte verf.
“Eendag het ‘n vriendin van my ma na my werk gekyk en ‘n berig in ‘n koerant geplaas.”
Hy het toe ‘n beurs gekry om kuns te gaan studeer.
“Ek het in die township gebly en altyd daarvan gehou om te kyk na die dinge rondom my – na die kindertjies en die mense wat dans. Dit is waarom dit so sterk in my werk deurkom.”

Die Nederlander Wim Visser, medestigter van die Darling Voorkamerfest, het uit Europa hulde gebring aan Esau.
Visser, voormalige kunsdirekteur by die Koninklijk Theatre Carré in Amsterdam, vertel dat hul Esau en sy gesin in die vroeë 2000’s ontmoet het en sedertdien gereeld van sy werk gekoop het. “Sandy was ook een van die eerstes wat sy huis(ie) onmiddellik beskikbaar gestel het toe ons met die Voorkamerfest begin het.”
Hy beskryf Esau as ‘n “kleine man die groot en groots kon schilderen.”
“He vriend, wij en velen in darling zullen jou missen! “

Visser skryf aan dié courant:
“Mijn herinneringen aan Sandy en Natasha:
“Je kon niet om haar heen, want zij wist alles over de kunstenaars in Darling: Daleen Kruger hielp Inge Bos, munlief, en mij (Nederlanders enthousiast verdwaald in Zuid-Afrika) aan vele kontakten.
“Ergens aan de uiterste grens van Darling-Oos/Asla woonden Sandy met Natasha (Tessa) en hun kinderen en beesten.
“n Warm welkom wachtte ons – wij werden verrast door hun warmte, uitstraling, enthousiasme, ondernemersgeest en openheid; waarbovenop Sandy’s schilderijen en tekeninen.
“Schilderijen gekenmerkt door kontrastrijke kleuren, door gebruik van alle materialen voorhanden, door de fijnzinnige orkestratie van beelden.

“Wij wilden graag een theaterfestival organiseren in Darling, met vele voorstellingen in huizen van Darlingse darlings.
“Voorstellingen door artiesten van vele nationaliteiten. Huizen aan alle kanten van Darling: oos, township, oude dorp en buiten. Artiesten vanuit Zuid-Afrika, Nederland, Engeland, Ethiopie, Suriname.
“Natuurlijk wilden zij hun huis ter beschikking stellen, een weekend lang in September. Dit was ergens in 2005 2006. Het voorkamerfest was geboren. Werd een groot succes.
“Ieder die ons bezocht in Darling, namen we mee naar de studio van Sandy. Bijna allen ochten een of meerdere schilderijen van hem.
“Wat n ongekend groot talent, wat n pracht.
“Daarom vind je nu zoveel van Sandy’s schilderijen in Nederland – gelukkig maar: dankzijn Sandy’s talent en werk is Nederland een stukje mooier en interessanter geworden.”
*Esau, wat op 7 Julie 1968 gebore is, is op 2 Januarie skielik oorlede.

Leave a Reply

error: Content is protected !!