EntertainmentFEATURED

Riebeekvallei se nuwe ateljee, kunswinkel

Promosie

Die Riebeekvallei, nou reeds bekend as die kunsvallei, spog ook met ‘n onlangse nuwe ateljeetoevoeging en kunswinkel waar kunsklasse, werkswinkels en uitstallings aangebied kan word – ook deur eksterne aanbieders.

Tydens die eerste tekenwerkswinkel by Connecting Art in Fonteinstraat, Riebeek-Kasteel verlede week onder leiding van die ervare Verné Jordaan, het studente uit die streek houtskoolportrette van ‘n manlike model gedoen.

Eienaar Lizette Visser sê Connecting Art bied verskeie moontlikhede.

Nie alleen hou hul ‘n verskeidenheid gehalte kunsprodukte soos LUKAS olieverf en van papier, tekendoek tot kwaste aan nie, maar die plek is so ontwerp om buigbaar te wees na gelang van die behoefte van kunstenaars en kunsdosente en diegene wat die ruimte wil huur.
Dit is ook vir algemene werksessie en klein geleenthede beskikbaar.
Tel: 072 826 0555
https://www.facebook.com/Art.RiebeekValley/

Leave a Reply

error: Content is protected !!