Padsluiting weens konstruksie

Die pad tussen Vredenburg en Stompneusbaai is in aanbou.
Die pad sal gesluit wees vir padgebruikers vanaf 8 Februarie 2021 tot 9 Desember 2021 vir padkonstruksie.
Verkeer word herlei via die pad tussen Paternoster en Stompneusbaai asook die R399 van en na Vredenburg.

Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik en om versigtig en geduldig te wees wanneer hulle alternatiewe roetes gebruik.
Die veiligheid en gemak van die reisende publiek is ‘n prioriteit en daar sal alles gedoen word om te verseker dat al die tydelike padtekens, keëls, vlagoperateurs en spoedbeheermaatreels in plek is.

Created with GIMP

Mense wat langs die pad in aanbou woon, mag die pad gebruik onderhewig aan goedkeuring deur die kontrakteur.
Projekopdaterings en vordering sal mettertyd gepubliseer word.
Vir verdere navrae stuur ‘n e-pos na info@wcdm.co.za

Leave a Reply

error: Content is protected !!