Nuwe kunsuitstalling open dié naweek
‘n Nuwe groepkunsuitstalling deur 15 kunstenaars, Anthropomorphic, open by RK Contempory op Riebeek-Kasteel Sondagoggend 7 Februarie.
Johan van Lill is om 11:30 die gasspreker by die opening van die Anthropomorphic-uitstalling wat onder kuratorskap van Susan Bloemhof tot 28 Februarie sal duur.
Anthropomorphic word só beskryf: “Reasonable answers and possibilities are explored by 14 brave Artists to produce a daring vision of momentary illusions.”
Die 15 kunstenaars wie se werke op uitstalling sal wees, is Vusi Beauchamp, Jaco Benade, Susan Bloemhof, Fanie Buys, Ella Cronje, Anina Deetlefs, Corlie de Kock, Christiaan Diedericks, Cow Mash, Jo Roets, Lori Schappe-Youens, Hannalie Taute, Sebastiaan Theart, Griet van der Meulen en Judy Woodborne.
https://rkcontemporary.com/exhibitions/anthropomorphic/