Riebeek gasheer vir nuwe veldwedloop

Die Riebeekvallei met sy betowerende landskap is nou ook die gasheer vir ‘n splinternuwe veldwedloop (Trail Run) op die kalender vir aanstaande maand.
Die nuwe Allesverloren Veldwedloop op 20 Maart bied aan langasems drie afstandopsies – 17km, 10km en 5km.
Die aantal deelnemers sal beperk word en alle Covid-regulasies sal van toepassing wees.

Inskrywings kan gedoen word by https://www.entryninja.com/events/76459-allesverloren-trail-run
Die eerste wedloop oor 17km begin om 07:00 en die ander twee om 07:30 (10km) en 07:45 (5km) onderskeidelik.

Leave a Reply

error: Content is protected !!