360 jaar sedert Cruythoff Riebeekvallei bereik
Dit is vandeesmaand 360 jaar sedert die ekspedisie van Pieter Cruythoff in Februarie 1661 die kruin van Bothmaskloof bereik en die Riebeekvallei die eerste keer gade geslaan het.
Hul was uiteraard nie die eerste mense in die vallei nie, maar het dit beskryf as “’n vrugbare vallei wat strek so ver as wat die oog kon sien.”
Volgens sommige rekords het hulle opgeteken: “13 perde, vyf renosters en duisende hartebeeste” en dat hulle “deur leeus bekruip is”.
Of die perde straks kwaggas was, dié is seker moontlik.
Tien jaar gelede met die 350 jaar-vieringe het dié courant ‘n bylaag gepubliseer.
Ons plaas nou graag weer die redaksionele gedeelte van daardie bylaag.