EntertainmentFEATURED

Brel en kabaret kom na Rata

Ek kan nie wag om by die Royal Arts Town Amfiteater op te tree nie. 5 en 6 Maart. Kom saam met my terwyl ons die towerkuns van Jacques Brel onder die herfssterre vier.

Só sê bekroonde musikant, komponis, akteur, regisseur en sanger Godfrey Johnson oor sy solovertoning, The Shadow of Brel – van die meester se grootste werke, van die klassieke tot enkele van die minder bekende liedjies.
Dit sluit treffers soos Amsterdam, If We Only Have Love, If You Go Away en The Middle Class in.

Shadow of Brel, waarvoor Johnson genomineer is vir ‘n Fleur du Cap-toekenning, sluit ook van sy eie musiek en liedjies in. Die regie is behartig deur Sanjin Muftic.
Brel, ‘n legende, was ‘n Belgiese sanger, liedjieskrywer, komponis en akteur veral bekend vir sy Franse musiek (chanson).
Bespreek aanlyn vir hierdie fynproewervertonings by www.artstown.co.za of skakel 082 851 1262

Die vertonings val saam met die gewilde First Fridays en ‘n naweek van Summer’s Last Fling wat van 5 tot 7 Maart plaasvind.

Leave a Reply

error: Content is protected !!