Riebeek hou laatsomer-naweek
‘n Naweek propvol aktiwiteit en kuns met die Tema Summer’s Last Fling in die Riebeekvallei van 5 tot 7 Maart val weer saam die gewilde First Fridays wat terug is.
Die naweek skop Vrydagaand om 17:00 af met First Fridays wanneer besighede later sake doen met spesiale aanbiedinge.
First Fridays is ‘n inisiatief om toerisme en gasvryheid in Riebeekvallei te bevorder.
Vrydag (5 Maart) se program, sluit ‘n dansvertoning deur die Funky Town Dance Troupe, musiek deur die Die Vanneevers, ‘n gebak- en produktemark, musiek deur Fanie Velskoen asook ‘n teaterproduksie The Shadow of Brel by die Royal Arts Town-amfiteater (Rata) in.
Op Saterdag se program is die maandelikse mark van Raw Riebeek Valley en die aand is die laaste optrede van Godfrey Johnson by Rata in The Shadow of Brel.
Sondagoggend (7 Maart) is weer tyd vir die gewilde gratis Poetry Jam by Rata waar digters hul werke voordra gevolg deur die opening van ‘n groepkunsuitstalling In Bardo by die RK Contempory-gallery.
Daar is ook ‘n spesiale Post Poetry Jam-restaurantaanbieding.
*Alle besighede sal Covid-19-veiligheidsvoorskrifte nakom.
Gebruikers van maskers, handreiniger en sosiale afstand moet streng gevolg word.