Nóg vertonings kom by Rata

Dit lyk of teatergangers hul tande kan slyp vir nóg twee vertonings by die Royal Arts Town-amfiteater op Riebeek-Kasteel voor dié nuwe toevoeging tot die teatertoneel se eerste somerseisoen ten einde loop.

Teaterdirekteur Mark Graham-Wilson bevestig dat hy besig is met die relings om nog twee stukke na die streek te bring om dié uitdagende eerste seisoen wat ook deur Covid 19-inperkings geraak is, op’n hoë noot af te sluit.
Nadat van die vertonings geskuif moes word, sou die afgelope naweek se optrede van die bekroonde Godfrey Johnson in The Shadow of Brel die laaste wees.

Johnson het Vrydag- en Saterdagaand in dié opelugteater aan die voet van Kasteelberg dié Chanson-meester se musiek op meesterlike wyse uitgevoer.
Hou dié courant dop vir die aankondiging eersdaags van die volgende vertonings by Rata.
Dié teater is deel van Arts Town Riebeek Valley en meer inligtingg en besprekings kan gedoen word by https://artstown.co.za

Leave a Reply

error: Content is protected !!