CommunityFEATURED

Swartland vier biblioteek- en boetevrye week

Biblioteke maak saak” is die tema van vanjaar se biblioteekweek en biblioteke in die Swartland neem oudergewoonte ook aan dié week deel.
Só sê Isabel Young, biblioteekbestuurder van die Swartland Munisipaliteit, oor biblioteekweek van 15 tot 19 Maart.

“Daar is groot pret, hope inligting en ander interessante dinge wat gaan plaasvind by ons nege biblioteke.
“Van die programme sluit in ‘n brei-kring (Wesbank), pop-’n-ballon-kompetisie (Moorreesburg), die loods van die “Mother and Child book sharing”-program (Chatsworth) en vele meer – alles GRATIS.

“Die boetevrye week is vir almal wat lank uitstaande boeke het, of wat boeke ontdek waarvan hulle al vergeet het.
“Bring die boeke terug en ons belofte aan jou is ‘Geen boete – Geen vrae’.”
Vir meer inligting kontak jou plaaslike biblioteek.
*Neem kennis dat alle biblioteke volgens die Covid-19 regulasies oop is vir die publiek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!