Só lyk Swartland se voorgestelde nuwe munisipale tariewe
Die Swartland Munisipaliteit het tariefverhogings van tussen 4,9% en 5,9% vir die basistariewe van water, vullisverwydering, riool en eiendomsbelasting goedgekeur met die voorgeskrewe Nersa/Eskom-tarief van 14,59% vir elektrisiteit.
Dit maak deel uit van die nuwe 90 dae konsepbedryfsbegroting wat deur die burgemeester, Tijmen van Essen, voorgelê is.
Van Essen het aanbeveel dat die konsepbegroting goedgekeur word “en dat ‘n verdere konsultasie- en verfyningsproses gedurende April gevolg word.”
Water se tarief vir die eerste 10 kl styg volgens die begroting met 4,9% vir huishoudings en daarna met 6%. Die tarief vir besighede en ander styg met 4,9% vanaf die eerste kiloliter.
Die tarief vir riool is nou in twee dele verdeel, maar die gesamentlike tarief vir die 2021/22-boekjaar is R248,41 teenoor die R234,35 in die huidige jaar.
Vullisverwydering sal voortaan R139,28 beloop teenoor die huidige R131,52.
Die koers vir einedomsbelasting is ook met 5,9% aangepas vanaf die huidige 0,516c/R na 0,5464c/R.
Só lyk die tariewe volgende die konsepbegroting:
Die beskikbaarheidsfooie vir gedienste eiendom, wat nog onbewoon is: