Agri/BusinessLatest

SM keur R169,2m konsep-kapitaalbegroting goed

Die Swartland se munisipale raad het vanoggend op ‘n raadsvergadering die nuwe konsepbegroting (kapitaal en bedryf) vir 2021/22 goedgekeur.
Die totale konsepkapitaalbegroting vir 2021/2022 beloop R169,268 miljoen met die grootste gedeelte (72,7% – R122,969 miljoen) wat aan die departement van siviele ingenieursdienste toegeken word.

Die tweede grootste komponent is die R25,358 miljoen aan elektriese ingenieursdienste, gevolg deur ontwikkelingsdienste (R17,67 miljoen).
Die totale begrote kapitaalbelegging oor die volgende 3 boekjare beloop R433,310 miljoen.

Die burgemeester, Tijmen van Essen, het die grootste kapitaalprojekte vir die volgende drie jaar (2021/2024) aan die raad voorgehou.
Dit is (met totale geskatte koste van die projekte tussen hakkies):
die rioolwerke by Moorreesburg (R65,5m),
die herseël van paaie in die hele munisipale gebied (R77,6m),
behuising by De Hoop, Darling en ander (R53,2m),
nuwe paaie (R42,5m),
rioolwerke by Darling (R5,5m),
elektrisiteit vir Saamstaan/De Hoop (R39,9m),
die vernuwing van elektrisiteitsnetwerke (R30m),
Nedbank- en Standard Bankgeboue in Malmesbury (R9m),
opgradering van grootmaat-waterpyp (R15,3m) en
beskermingsdienste: brandweerwaens (R9m).

Van Essen het daarop gewys dat ‘n totaal van R126,1m of 74,47% van dié geld in terme van die deerniskomponent van die gemeenskap spandeer sal word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!