LS Riebeek-Kasteel hou weer gholfdag
Dit is vanjaar reeds die twintigste keer wat die Laerskool Riebeek-Kasteel se jaarlikse gholfdag plaasvind.
Die skool gebruik dié gewilde dag, wat vanjaar op Vrydag 15 Oktober op die Malmesbury Gholfbaan gehou word, as ‘n fondsinsamelingsgeleentheid.
Die organiseerders “streef daarna om dit weer een van die hoogtepunte op die plaaslike gholfkalender te maak”. Die dag kon verlede jaar weens die Covid 19-inperkings nie plaasvind nie.
“Ons visie is om elke leerder ‘n uitmuntende onderrigervaring te bied waar hul as individue hulself kan uitleef om hul potensiaal ten volle kan bereik. Die fondse sal dus aangewend word vir nodige onderrig, sport, kultuur en fasiliteitopgradering en -vervanging.”
Belangstellende borge en donateurs kan uit ‘n paar opsies kies waaronder die borg van bowwe en setperke.
Vir enige navrae, kontak Pierre Marais by 081 443 3343.