Phelophepa-trein besoek Weskus
Die Phelophepa-gesondheidstrein van Transnet besoek die Weskus vir die volgende paar weke.
Dit kom Vrydag in Saldanha aan en sal dan vir drie weke – Maandag tot Vrydag (31/5-4/6; 7/6-11/6; 14/6-18/6) – bekostigbare gesondheidsorgdienste daar lewer.
Die sorg sluit ‘n verskeidenheid dienste teen ‘n baie bekostigbare fooi in.
Sommige dienste is gratis. (Sien die advertensie).
Onder die dienste tel voorligting, kanker- en suikersifting, berading, tandheelkunde en oorsorg.
Die trein is tans op Ashton nadat dit onlangs dié dienste ook op Swellendam en George gelewer het.
Ná afloop van die drie weke op Saldanha, vertrek die trein na Vredendal vir twee weke op die laaste been van sy huidige Wes-Kaapse program.
Vir enige navrae, skakel Eunice Adonis by 082 086 6392/ 022 701 6823.