Hondsdolheid: diere gratis geënt
Gratis inentings teen hondsdolheid word aanstaande week in Malmesbury gedoen.
Hondsdolheid is ‘n gevaarlike en noodlottige siekte by honde, katte, ander warmbloedige diere en mense. “Dit word hoofsaaklik oorgedra wanneer ‘n besmette dier jou byt.
“Die inent van troeteldiere word beskou as die mees effektiewe manier om troeteldiere en mense te beskerm teen blootstelling aan dié dodelike virus.
Suid-Afrika is ‘n verklaarde hondsdolheidgebied en alle honde en katte moet geïmmuniseer word sodra hulle die ouderdom van drie maande bereik.
Mense moet onder geen omstandighede wilde diere wat mak voorkom probeer vang of hanteer nie.”
Só sê dieregesondheidstegnikus Janica Chapman
Skakel die naaste staatsveearts of private veearts vir hulp.
Daar is geleentheid om alle honde en katte gratis te laat ent op die volgende tye en plekke:
8 Junie 2021
Tyd: 09:00 -12:00
Plekke:
Malmesbury se munisipale swembad parkeerarea
Oop veld langs wetstoepassing in Wesbank
Tyd: 12:30-15:30
Plekke:
Malmesbury Rugbyveld
Oop area voor sportsentrum in Wesbank
9 Junie 2021
Tyd: 9:30-15:30
Plek: Illingulethu Thusong Centre
Vir mens en dier se veiligheid moet honde aan ‘n halsband en leiband wees en katte in ‘n mandjie of lemoensakkie.
Vir meer inligting skakel Janica Chapman by 084 9598550 of 022-433 8910.