EntertainmentLatest

Williams ‘doen dit met soveel passie’

Die nuwe solo-uitstalling van die plaaslike kunstenaar Gordon Williams, Falling in, is gisteroggend by RK Contemporary op Riebeek-Kasteel geopen.
Een van die streek se top-kunstenaars en mede-inwoner van Riebeek-Kasteel, André van Vuuren, het die uitstalling geopen.
Kurator Astrid McLeod het by die opening van Williams se eerste solo-uitstalling by dié gallery gesê sy is “mal oor hierdie uitstalling. Dit gee my hoendervel.”

Sy het Van Vuuren aan die woord gestel en hom ook bedank vir sy idee en voorstel ‘n klompie jare gelede wat gelei het tot die totstandkoming van die gewilde Solo Studios-naweek in die vallei.
Van Vuuren het vertel hy het Williams 12 jaar gelede ontmoet as ‘n “meesterskrynwerker en meesterloodgieter”.

Astrid McLeod

“Ek het nie geweet dat hy wou verf nie. Hy het dit nie toe genoem nie. ‘n Klompie jare later met die eerste Solo Studios toe ek by sy studio instap, het ek besef hierdie man het iets.
“Hy het soveel passie vir wat hy doen.

Gordon Williams

“Hy spandeer ure in die son, wind en weer vir sy werk. Gordon skilder omdat hy daarvan hou. Hy maak nie rimpels soos ander hedendaagse kunswerke wat ek as steriele skilderye wil beskryf nie.
“Daar is baie kunstenaars wat (sug) … die maklike roete volg.

André van Vuuren

“Hulle het photoshop en al die gadgets op hul rekenaars, maar hulle gebruik nie werklik hul oë en verbeelding nie.
“Gordon verstaan lig en skaduwee. Hy verstaan negatiewe spasie. Hy verstaan die essensie van dinge. Hy verstaan hoe die landskap gemaak word. Jy kan dit in sy werke sien.
“In kunsterme mag hy nog ‘n jong kunstenaar wees in terme van die aantal werke wat hy al gedoen het, maar die feit is dat hy net beter en beter gaan raak.”
Hy het Williams geluk gewens met die uitstalling.

Die uitstalling, Falling in, duur tot 27 Junie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!