Smit neem wenfoto “Op pad”
Op die Swartland Fotografieklub se maandvergadering Maandagaand het Johan Smit van Piketberg die prys van Foto van die Maand ingepalm.
Beoordelaar André Stipp het Smit se wenfoto, Op pad, as fantasties beskryf.



In die tema-afdeling (produkfotografie) het Theuns Olivier van Tzaneen die beste punte behaal met sy foto Coffee from Cherry to grounded.
Die klub het, met die oog op ‘n volgende maandtema, onlangs ‘n aanduitstappie vir sterrefotografie gehou.


By die klubaand het meesterfotograaf Peter Hardcastle (van Malemsbury) die senior afdeling gewen met ‘n vuurwerk-foto, Circles of Fire, wat hy op die uitstappie geneem het.
Die klub beplan ook ‘n naweek vir sterrefotografie in die Tankwa-Karoo.
Hardcastle het ook die afdeling vir selfoonfoto’s gewen met sy Theewaterskloof Sunset.

Hier is ‘n blik op van die ander werke wat goed gevaar het (24 en meer uit 30).




