EntertainmentLatest

Abstrak van Olivier Julie-wenner by S Fotoklub

By die Swartland Fotografieklub se aanlyn-maandbyeenkoms het Herman Olivier van Malmesbury met sy foto ‘Abstract Colors‘, die algehele eerste plek behaal.

Hy het met dié foto ook in die afdeling vir senior fotograwe (vlak 4 en hoër) die louere ingeoes.

Abstract Colors ©Herman Olivier

Die temawenner van die maand was nog ‘n Olivier. Die maandtema was “Rooi” en dié keer was dit Theuns Olivier van Tzaneen met sy ‘Hoe rooier hoe mooier‘ wat die beste punt behaal het.

Hoe rooier hoe mooier ©Theuns Olivier

Die afdeling vir junior fotograwe (vlak 1 tot 3) is deur Piketberger Soreen Gouws gewen met haar foto ‘Wanneer die son deurbreek‘.

Wanneer die son deurbreek ©Soreen Gouws

In die afdeling vir selfoonfoto’s het Herman Olivier ook met die eerste plek weggestap. Sy wenfoto was ‘Panorama Sunset‘. Dit is met ‘n Iphone Xs geneem.

Panorama Sunset ©Herman Olivier

Steff Hughes was die beoordelaar van die aand.
Die klub vergader (wanneer maatreëls dit toelaat) die tweede Donderdag van elke maand in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord op Malmesbury.
Hier is nog ‘n paar foto’s wat top-punte behaal het.

Hello aloe red ©Johan Viljoen
An all know landmark ©Theuns Olivier
Blue hour ©Herman Olivier
Staring back ©Adriaan Vlok

Die tema vir Augustus is “winter”.


Besoek gerus die klub se facebookblad by Swartland Fotografieklub.

Leave a Reply

error: Content is protected !!