CommunityLatest

Riebeek-Wes se mense ‘help graag’

Jare gelede gelede – sover vasgestel kan word 83 jaar gelede – het Riebeek-Wes se naam die eerste keer teen Kasteelberg gepryk.
In 1938 het ‘n klompie inwoners die naam bo die dorp met klippe uitgepak en gewit.

Dit was geen geringe taak nie. Die area moes eers skoongemaak word voor die letters, wat elkeen etlike meters hoog is, gepak en geverf kon word.
Dit is deur die jare verskeie kere weer skoongemaak.
‘n Span van ses mense het pas weer dié taak verrig nadat dit deur wind en weer verinneweer is.

Die herstelproses begin.
Lede van die werkspan word verdwerg deur die “R” van Riebeek-Wes.
Die naam is nou weer herstel.

Ongeveer 100 liter verf is teen die berg uitgedra vir die projek nadat die terrein weer skoongemaak is.

Jaco Louw sê hy het besef “die gees van Riebeek-Wes is steeds lewendig. Baie mense wil ‘n bydrae maak, maar weet nie altyd waar nie. As daar ‘n geleentheid geskep word, help hulle graag.”
‘n Klompie inwoners het dié aksie moontlik gemaak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!