LatestSports

SA kleure vir Swartlander

Sandy Smyth van Malmesbury het onlangs haar SA kleure in pluimbal van die president van Pluimbal Suid-Afrika ontvang.
Só het sy aan dié courant gesê.

Smyth sê sy is opgeneem in die SA pluimbalspan wat op ‘n prysuitdeling by die onlangse SA Interprovinsiale en SA Ope Pluimbaltoernooi aangekondig is.
Sy verteenwoordig en speel pluimbal vir Boland/Kaapse Wynlande en as bestuurder van die Boland/Kaapse Wynland-span was sy “baie opgewonde om ook die wenbeker huis toe te bring”.

Sandy Smyth

Smyth het op 13-jarige ouderdom pluimbal begin speel, maar eers in 2016 aan haar eerste interprovinsiale toernooi deelgeneem nadat sy haar eerste Boland/Kaapse Wynland-proewe bygewoon het.
Sedertdien het Sy ook haar WP- en NWP-kleure verwerf.

“Wanneer jy pluimbal op hierdie mededingende vlak speel, moet jy baie fiks wees. Per slot van rekening is pluimbal die vinnigste raketsport ter wêreld.”
Sy voeg by dat haar man, Seán (‘n oud-SA bofbalspeler) “weet waaroor dit gaan en haar heelhartig ondersteun”.

Leave a Reply

error: Content is protected !!