CommunityLatest

9000 reeds in Swartland ingeënt

Daar is in totaal reeds 21 048 positiewe Covid-19-gevalle in die Weskusstreek aangeteken en 17 771 het reeds herstel.
Dit volgens die jongste beskikbare syfers.

In die Swartland is daar tot Vrydag 23 Julie reeds 8917 mense ingeënt terwyl daar reeds 17 118 geregistreer het.
In die Bergrivier was 9496 geregistreer en 5665 het reeds hul entings ontvang.
Die totale vir die hele Weskus was 59902 en 33064 onderskeidelik.

Só het die streek se woordvoerder vir gesondheid, Leensie (Streicher) Lötter , in ‘n verklaring gesê.
“Ons vra burgers wat in aanmerking kom vir inenting om van die geleentheid gebruik te maak om ingeënt te word, aangesien die entstof ‘n uitstekende beskerming bied teen ernstige siektes en die dood weens Covid-19.

“Die registrasie vir alle burgers van 35 jaar en ouer is reeds oop en ons herinner persone in hierdie ouderdomsgroepe om vir u inentings te registreer.
“Inwoners van 60 jaar en ouer wat nog nie geregistreer het nie, of nie ‘n afspraak gekry het nie, word versoek om by hul naaste inentingsentrum aan te doen vir hulp met registrasie en inenting.”

Sy het daarop gewys van Abbotsdale en Chatsworth se Satellietklinieke NIE, soos vroeër geadverteer is, as inentingspersele sal funksioneer nie. “Ons vra om verskoning vir die ongerief.”

“Ons prioriteit bly om diegene ouer as 60 in te ent.”
Die elektroniese datastelsel vir inentings (EVDS) sal voortgaan om die beskikbare afspraakgleuwe in die volgende prioriteitsorde toe te ken:
Prioriteit 1 – mense 60 jaar en ouer wat hul eerste dosis Pfizer-entstof benodig;
Prioriteit 2 – persone van 60 jaar en ouer wat hul 2de dosis Pfizer-entstof benodig;
Prioriteit 3 ​​- persone van 50-59 jaar wat hul eerste dosis Pfizer-entstof benodig;
Prioriteit 4 – mense van 35-49 jaar wat hul eerste dosis Pfizer-entstof benodig.

  • Inentingspersele en datums kan verander, afhangende van die beskikbaarheid van entstowwe.

Leave a Reply

error: Content is protected !!