EntertainmentLatest

Rata-projek genomineer; kyk Covid Moons aanlyn

Die Royal Arts Town-amfiteater op Riebeek-Kasteel is pas benoem as een van die finaliste in die jaarlikse Basa (Sake en die Kunste in Suid-Afrika)-toekennings waarvan die wenners op 31 Augustus aangekondig word.
Die Royal Hotel en Arts Town Riebeek Valley is benoem vir hul baanbrekerswerk met Rata en dié teater se eerste somerteaterseisoen.
‘n Span mense onder leiding van teaterdirekteur Mark Graham-Wilson het dié teater verlede jaar te midde van die Covid-inperkings geopen. Die eerste opvoerings is daar gehou met al die Covid-protokol.

Daar is 20 finaliste in die 7 toekenningskategorieë.
Die Royal Hotel en Arts Town Riebeek Valley is genomineer in die kategorie wat erkenning gee aan ‘n borg wat kwantifiseerbare en wesenlike nie-monetêre ondersteuning aan die kunste bied.

Basa is in 1997 gestig as ‘n gesamentlike inisiatief tussen die regering en die private sektor as deel van ‘n strategie om groter betrokkenheid by die kunste en van ondernemings wat in Suid-Afrika werksaam is, te verseker.

Kyk Covid Moons aanlyn
*Rata is verlede jaar geopen met die premiére van die toneelstuk Covid Moons.
Dié stuk is ook later genooi na vanjaar se Nasionale Kunstefees in Makhanda.


Weens die Covid-inperkings sal dié toneelstuk met ‘n nuwe rolverdeling komende Vrydag 30 Julie om 18:00 vanaf die Atlantic Studios in Kaapstad op die internet gebeeldsaai word.
Die kaartjies kos R40.
Bespreek jou kaartjies op die Nasionale Kunstefees se webwerf.
https://nationalartsfestival.co.za/show/covid-moons/

Leave a Reply

error: Content is protected !!