EntertainmentLatest

Hardcastle wen met Melkweg in die Tankwa

‘n Paar lede van die Swartland Fotografieklub het die afgelope maand ‘n draai in die Tankwa-Karoo gemaak om met die minder ligbesoedeling daar duideliker sterrefoto’s te neem.

By gisteraand se klubbyeenkoms was een van meesterfotograaf Peter Hardcastle van Malmesbury se foto’s, Across the milky way, die aandwenner.

Across the milky way ©Peter Hardcastle

Beoordelaar Jane Bursey van Kaapstad het die foto geprys en ‘n punt van 28 uit die moontlike 30 toegeken. Dit was ook die wenfoto in die senior kategorie (vlak 4 tot meester).

Winter ©Johan Smit

In die junior afdeling (vlak 1 tot 3) het Johan Smit van Piketberg die beste punte behaal met sy foto, Winter, wat ook in die wintertema-afdeling meegeding het.
Herman Olivier van Malmesbury het die tema-afdeling gewen met sy foto Jack Frost was here.

Jack Frost was here ©Herman Olivier

Olivier het ook met sy werk West Coast Sunset IphoneXs die selfoonafdeling met ‘n kortkop gewen.

West Coast Sunset IphoneXs ©Herman Olivier

Bursey het in haar kommentaar die gehalte van die klub se selfoonfoto’s geprys en gesê dit is beter as die selfooninskrywings wat sy al elders raakgeloop het.

Hier is die ander foto’s wat 24 en meer punte behaal het.

Op n stasie ©Johan Viljoen
Winter at Lake Stanford ©Theuns Olivier
micro orchid ©Adriaan Vlok
Double dam fire ©Johan Viljoen
Lamberts Bay harbour pano ©Herman Olivier
Geelbek eend ©Theuns Olivier
New day rising ©Peter Hardcastle
Hoe rooier hoe mooier(2) ©Theuns Olivier
Dew drops ©Theuns Olivier
Stars from heaven ©Peter Hardcastle
Windpomp silhouette ©Herman Olivier

Die klub beplan ‘n spesiale aand vir September, wanneer die tema sportfotografie is.

Klubbyeekomste is die tweede Donderdag van elke maand in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord op Malmesbury.
Besoek die klub se facebookblad by https://www.facebook.com/groups/394244434443196.

Leave a Reply

error: Content is protected !!