Agri/BusinessLatest

Sadie Familiewyne doen dit weer

Die bekende Britse joernalis en wynmeester Tim Atkin het pas, vir die tweede agtereenvolgende jaar, ‘n ongewone 100 punte aan wyn van die Swartland se Sadie Family Wines toegeken.
Dit nadat dit verlede jaar slegs die tweede keer was wat Suid-Afrikaanse wyne dié eer van 100% te beurt geval het toe Sadie se 2019 Skurfberg Chenin Blanc en Porseleinberg se 2018 Syrah elk ‘n volmaakte 100 punte ontvang het.

Sadie het dié besondere prestasie nou opgevolg met nóg ‘n 100 punte, dié keer vir hul 2019 Columella – ‘n rooi versnit van wyne soos Grenache, Cinsault, Carignan en Tinta Barocca met ‘n alkoholinhoud van 14%.
Atkin is ‘n bekroonde wynskrywer en meester in wyn, met 35 jaar ervaring en ‘n sterk internasionale aanhang.

Sadie se 2019 Skurfberg Chenin Blanc was verlede jaar volgens Atkin Suid-Afrika se beste witwyn met die Porseleinberg Syrah as Suid-Afrika se beste rooiwyn.
Vanjaar stap Sadie Familiewyne se 2019 Columella met dié toekenning vir beste rooiwyn weg.
Dié twee produsente het albei vanjaar 99% ontvang onderskeidelik vir hul 2019 Porseleinberg Syrah en 2020 Skurfberg Chenin Blanc.

Nóg twee Swartlandse wynprodusente wat top-toekennings in vanjaar se Atkin-verslag opgeraap het, is Adie Badenhorst met hul 2021 AA Badenhorst Secateurs Rosé (Piekenierskloof) wat as die Beste Waarde Rosé van die Jaar aangewys is en Mullineux met hul 2020 Iron Chenin Blanc (Swartland) wat as die Witwynvonds van die Jaar bekroon is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!