Olivier behaal 3-kuns met wenfoto’s
Herman Olivier van Malmesbury het op die Swartland Fotografieklub se maandbyeenkoms met die toekennings vir selfoon-, senior – asook algehele wenner weggestap.

Sy wenfoto van die aand, ook die senior wenner, is ‘n landskapfoto getiteld: Swartland Winter Sunset.

In die junior afdeling het Johan Smit van Piketberg die beste punt behaal met sy foto: Mik mooi.

Olivier se wenfoto in die selfoonkategorie was Beautiful Arniston Sunrise.

Die maand se tema was blomfotografie. In dié afdeling het Adriaan Vlok van Malmesbury se orgideefoto genaamd Orchid Pose vir hom die louere laat inoes.

Hier is ‘n paar van die ander foto’s wat ook goeie punte behaal het.





Peter Hardcastle van Malmesbury en Vlok het as hoofbeoordelaars opgetree.

Vir aanstaande maand se byeenkoms is aksie- en sportfotografie die tema.
Die klub bied weer in Oktober ‘n nasionale kompetisie (salon) aan waar foto’s van fotograwe van oor die land in agt kategorieë meeding.
Die 8ste Swartland nasionale salon sluit op 16 Oktober.
Die brosjure sal binnekort vrygestel word. Hou die klub se facebookblad dop vir meer inligting. https://www.facebook.com/groups/394244434443196
Klubbyeekomste is die tweede Donderdag van elke maand in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord op Malmesbury.