CommunityLatest

“Dog Walker” nou ook in die Swartland

Daar is ‘n jong man wat die laaste klompie maande elke weeksdag deur die strate van Malmesbury loop met tans tot agt honde op ‘n slag aan leibande.
Siya Hem is ‘n hondestapper (‘Dog Walker’). Hy lewer hierdie unieke diens om met mense se honde te stap.

Hy stap dan ongeveer vyf tot ses km op ‘n slag met kliënte se honde en dit neem ‘n uur.
Hem vertel dat hy aan die Hoërskool Bosmansdam gematrikuleer het nadat hy vroeër in Hoërskool Franschhoek was.
Ná skool het ‘n skoolmaat in 2013 begin met ‘n hondestapdiens en later het Hem ook by die klein onderneming genaamd Strutt ur Mutt (letterlik stap met die honde) aangesluit.

Hulle was in Milnerton toe die vriend weens familieverpligtinge na Europa verhuis het. Hem het Strutt ur Mutt oorgeneem en ‘n paar maande gelede na Malmesbury geskuif om die diens ook hier te kom lewer.
Daar is steeds ‘n kollega wat Strutt ur Mutt se kliënte in Milnerton bedien.
Hem vertel aan dié courant dat hy al tot 13 honde op ‘n keer gestap het.

Hy sê dit is nie moeilik om hulle te beheer nie en hulle raak ook mekaar gewoond.
Hul bied ook individuele gehoorsaamheid-, leiband- en sosialiseringsopleiding vir honde aan asook ‘n diens om na jou honde om te sien in jou afwesigheid.
Besoek gerus die webwerf https://strutturmutt.co.za/ of stuur whatsapp na 081 386 4745.

Leave a Reply

error: Content is protected !!