Só lyk lyste vir munisipale verkiesing
Met die uitgestelde munisipale verkiesings wat oor minder as ‘n maand op 1 November gehou word, is die name van wykskandidate en proporsionele lyste van die onderskeie partye bekend gemaak.
Daar word nog enkele laat wysigings van kandidate verwag in onder meer wyke 4 en 11 in die Swartland en daar is ook onduidelikheid ook ‘n party wat tans nie op die Onafhanklike Verkiesingskommissie se amptelike beskikbare lys verskyn nie.
*dié courant publiseer die lyste soos dit met publikasie beskikbaar is en sal dit bywerk sodra amptelike wysigings bekend gemaak word.
Daar word soos gebruiklik 12 wyksraadslede vir elke van die 12 wyke in die Swartland verkies asook 11 raadslede wat met ‘n formule proporsioneel vanaf die onderskeie partye se lyste aangewys word.
Die 12 wyke:
Wyk 1 kan beskryf word as die noordelike en westelike gedeeltes van Moorreesburg, Koringberg sowel as die landelike gebied noord van Moorreesburg.
Wyk 2 kan beskryf word as die suidelike en oostelike gedeeltes van Moorreesburg.
Wyk 3 kan beskryf word as Riebeek -Wes, PPC en die Ongegundwoonbuurt sowel as die omliggende landelike gebied noord van Riebeek-Wes en oos van die N7.
Wyk 4 kan beskryf word as die Mount Royal-landgoed, Riverlands, Chatsworth, asook die landelike gebiede noordwes, wes en suidwes van Malmesbury en sluit ook Ruststasie in.
Wyk 5 kan beskryf word as die gedeelte van Darling wes van Pastorie-, Cole-, Donkin- en Smithstrate, Yzerfontein, Jakkalsfontein, Grottobaai, Ganzekraal, Dassen-eiland asook die omliggende landelike gebied.
Wyk 6 kan beskryf word as die gedeelte van Darling oos van Pastorie-, Cole-, Donkin- en Smithstraat asook omliggende gebiede.
Wyk 7 kan beskryf word as Kalbaskraal en Abbotsdale asook die landelike gebied suid en suid-oos van Malmesbury.
Wyk 8 kan beskryf word as Malmesbury (‘n gedeelte van Amandelrug, Dalsig, De Molen, Die Wingerd, Garden Village, die Gevangenis-uitbreiding en ‘n gedeelte van Wesbank) asook die landelike gebied direk oos van Malmesbury.
Wyk 9 kan beskryf word as Malmesbury (Ilinge Lethu en ‘n gedeelte van Wesbank)
Wyk 10 kan beskryf word as Malmesbury (‘n gedeelte van Amandelrug, Bergzicht, Newclair, Panaroma, en ‘n gedeelte van Sunnyside en Tafelzicht)
Wyk 11 kan beskryf word as Malmesbury (‘n gedeelte van Wesbank en ‘n gedeelte van Saamstaan)
Wyk 12 kan beskryf word as Riebeek-Kasteel (Esterhof ingesluit) asook omliggende landelike gebiede.
Die Swartland se huidige burgemeester, raadsheer Tijmen van Essen, het twee termyne in dié amp voltooi en kan in terme van wetgewing nie weer verkies word nie. Die munisipaliteit sal dus ná die verkiesing ‘n nuwe burgemeester kry.
Die partye se lyste vir proporsionele raadslede lyk soos volg: