Agri/BusinessFEATURED

Meerhof, streek skitter by Michelangelo

Swartlandse produsente het met ‘n rits pryse weggestap by die 25ste jaarlikse Michelangelo-internasionale wyn-en-spiritualieëtoekennings. Meerhof Wyne het die beste uit die streek gevaar met onder meer die trofee as die Grand Prix-wenner vir die beste dessertwyn.

Die wenwyn is hul 2021 Mooistrooi Strawwine.
Die 21 trofeewenners het in hul onderskeie klasse meegeding met ‘n totaal van 1890 inskrywings vanjaar.
Meerhof het, naas die trofee, ook nog ‘n platinum en 10 goue medaljes ontvang.
Die kelder het verlede jaar ook baie goed gevaar met vyf wyne wat dubbelgoud en ses wat goud verower het.

Nog kelders uit die Swartland het met ‘n klomp medaljes weggestap. Pulpit Rock het en dubbelgoud en sewe goud verwerf terwyl die Riebeek Valley Wine Company met ses goue medaljes teruggekeer het.

Onder die ander produsente uit die streek wat medaljes verower het, is Blake Family Wines (1 goud), DarlingHoney (1 silwer), Groote Post (1 dubbelgoud), Ormonde Vineyards (1 dubbelgoud) en Org De Rac Landgoed (2 goud).
Om platinum te verwerf moet ‘n inskrywing minstens 96 uit ‘n moontlike 100 punte behaal.
Die vereiste vir dubbelgoud is ‘n telling van minstens 93, terwyl die minimum vir goud 89 is en dié vir silwer 86.

Leave a Reply

error: Content is protected !!