EntertainmentLatest

CJ se eerste CD nou hier

‘n Jarelange droom van ‘n jong Swartlandse ster het die naweek waar geword met die bekendstelling van sy eerste musiekalbum by Môreson langs die N7.
CJ van Aarde (15) is ‘n boorling van Malmesbury en het reeds op 8-jarige ouderdom begin sanglesse neem.

Sedertdien het verskeie hoogtepunte gevolg waaronder die rol van Joe ‘Judge’ de Jongh wat hy twee jaar gelede losgesing het in die Tygerpoort NG Gemeente in Pretoria se musiekblyspel Helder.
Deesdae in gr. 9 aan die Hoërskool Swartland op Malmesbury het dié jong sanger Saterdagaand gaste met ‘n keur van luister- en dansmusiek vermaak en ook heerlik saamgedans.

Die nuwe CD getiteld Hier en Nou wat binnekort beskikbaar sal wees, bevat snitte soos Mag Hy van Andriette Norman, Vuil Coke van Fatman en ander gewilde treffers soos Tougher than the Rest.
Musiekafrigter Michael Gilman van MG Pro-Voices sê die wiele is ook aan die rol vir ‘n musiekvideo van CJ wat binnekort verfilm sal word en “dit voor Desember sal uit wees”.
Hy voeg by: “Dit is n voorreg om met ‘n kunstenaar soos hy te werk.”
Belangstellendes wat die nuwe CD Hier en Nou wil aanskaf, kan Elizma van Aarde kontak by 082 703 0315.

Leave a Reply

error: Content is protected !!