EntertainmentLatestSchools

Wennerkuns onder hamer by gholfdag

Die Laerskool Riebeek-Kasteel bied môre weer hul gholfdag aan by die Malmesbury Gholfklub.
Met dié insamelingsgeleentheid wat reeds ‘n instelling geword het, het die organiseerders vanjaar ook die leerders se kuns deel van die projek gemaak.

‘n Keur van die kinders se werk sal môre by die gholfdag onder die hamer kom met ‘n stil-veiling.
Die grade is twee-twee in afdelings opgedeel en die wenners in elke afdeling het gisteraand hul pryse ontvang by die skool se sportsaal.
Twee kunstenaars/kunskenners van die Riebeekvallei, Verné Jordaan en Solly Smook, het die kuns beoordeel. Die hoofborg van die kompetisie was Primeart.
Die tema was ‘n Gelukkige dag in my Lewe.

Jordaan het by die oorhandiging die kinders se uiteenlopende werk geprys en ook aan die gaste toegelig. Sy het gesê hulle het in die beoordeling gekyk na kleur, balans, die pret-element, die hoeveelheid tyd spandeer aan die werk asook hoe oorspronklik kreatief dit was.
Sy het die verskillende fases in die kind se ontwikkeling vir kuns verduidelik en ‘n beroep op almal gedoen om kreatiwiteit by kinders aan te moedig en te bevorder.

Die wenners was:
Gr R en Gr 1: Navid Smith, Matthew January saam met hul onderwyser Antoinette Truter (links) en Verné Jordaan. (Nog een van die wenners, Lerato Ikaneng, was afwesig.)

Gr 2 en Gr 3: Lounique Carstens, Daniël van der Walt en Likhuzi Cekiso saam met hul onderwyser Izelle Meissenheimer (links) en Verné Jordaan.

Gr 4 en Gr 5: Laila Scott, Ivanka Kamfer en Rojeanne Opperman saam met hul onderwyser Tiaan van Deventer (links) en Verné Jordaan.

Gr 6 en Gr 7: Jana Bruwer, Emsie Brand en Ru-Ann Moses saam met hul onderwysers, Nadia Pretorius (links) en Minda Gildenhuys (heelregs), en Verné Jordaan.

Leave a Reply

error: Content is protected !!