EntertainmentLatestSchools

CPM 2de in Wes-Kaap

In die onlangse jeugkompetisie vir fotograwe en jeugklubs in die Wes-Kaap is die fotografieklub van die Christelike Privaatskool Malmesbury as die tweede beste aangewys.

Die klub kon hul 18 beste foto’s van die afgelope 2 jaar inskryf. Marco du Plooy het in die afdeling vir Beste Jeugfotograaf met die 3de prys (brons medalje) weggestap. Hy het ook vroeër vanjaar met ‘n ander wenfoto die Wes-Boland Eisteddfod se wennerstrofee in die Gr. 4 tot 6-afdeling verower.

In my kombuis – Marco du Plooy (Gr. 4)

Die klub se jong fotograwe wie se foto’s gekeur is vir die Wes-Kaap-kompetisie, is Adelmari Barnard, Christopher Carstens, Jaco Louw, Felipe van der Spuy, Esther Oosthuizen, Marco Du Plooy, Phillip Brandt, Rheede Marais Brandt, Olivia Bester, Liebe Ollewagen, Nina Truter, Theo Truter, Tihan Wessels, Julian Bester, Josua Bester, Joseph Read en Gia Jordaan.

Spazawinkel – Adelmari Barnard
Bergtoneel – Christopher Carstens

Hoërskool Charlie Hofmeyr op Ceres se klub is as die Wes-Kaap se wenner aangewys.

Die beste foto’s van alle inskrywings vir CPM se klubkompetisies die afgelope 18 maande is ook aan die Fotografieverening van Suid-Afrika (PSSA) gestuur vir keuring van die top 20 foto’s om Suid-Afrika teen ander lande te verteenwoordig in die Internasionale Fotografiekuns-vereniging (FIAP) se jeugkompetisie.

NGK Malmesbury – Christopher Carstens

Vroeër by die Wes-Boland Eisteddfod het CPM se fotograwe 7 Cum Laude en 4 Goue toekennings ontvang.

Swartland storm – Felipe van der Spuy

Die klub se jong fotograwe het ook aan die PSSA se onlangse salonne (kompetisies) vir opkomende fotograwe deelgeneem.

Boerdery in die Swartland – Jaco Louw

Hier het Esther Oosthuizen (Canola), Christopher Carstens (Ou kerk), Adelmari Barnard (Spazawinkel), Christopher Carstens (Bergtoneel), Jaco Louw (Boerdery in die Swartland) en Felipe van der Spuy (Swartland storm) aanvaardings (keuring) ontvang.

Frozen time – Marco du Plooy

*Top-foto’s van die klub is ook ingeskryf by die Internasionale jeugkompetisie 34e Concours International de Photos pour la Jeunesse 2021 (Grand-Duché de Luxembourg). Hulle neem hier onder die vaandel van die Wes-Kaap Jeugfotograwe deel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!