Hardcastle neem weer leisels by fotografieklub
Die Swartland Fotografieklub het die meesterfotograaf van Malmesbury Peter Hardcastle gisteraand weer tot voorsitter verkies.
Hy neem die leisels oor by Belinda Ruhl.

Adriaan Vlok van Malmesbury is die tesourier vir die nuwe termyn.
Die klub se tema vir November was “High Key/Low Key”-fotografie. In dié afdeling het Herman Olivier van Malmesbury die hoogste punt behaal met sy foto Pied Kingfisher in High Key.

Die beoordelaar vir November was die internasionaal bekroonde fotograaf Stephen Burgstahler.
Vlok het die hoogste punt van die aand (90%) behaal met sy foto Fire dragon. Dit was ook die wenner in die afdeling vir senior fotograwe.

Die afdeling vir junior fotograwe (1 tot 3 ster) is gewen deur Ciszanne Crous van Piketberg met haar foto The Thief of the Kalahari.

In die oorblywende kategorieë het Olivier die beste punte behaal met sy foto’s Witzenberg Pathway (afdrukke) en Pathway in the mist Iphone Xs (selfoonfoto’s).


Die klub vergader elke tweede Donderdag van die maand in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord in Bergzichtstraat, Malmesbury.
Op gisteraand se jaarvergadering is besluit om die klub se ledegelde weer onveranderd te hou op R250 en R120 vir skoliere. Hier is van die ander suksesvolle foto’s wat 80% en meer ontvang het.















Die tema vir Desember is straatfotografie en joernalistiek.
Belangstellendes kan die voorsitter skakel by 083 628 9668.

Besoek ook gerus die klub se facebook-groep by https://www.facebook.com/groups/swartlandphotoclub