Besoekende digters lewer kragtoer op Rata-planke
Johan Viljoen
Van die land se voorste digters het vanaand in Poetic Encounters 1 ‘n kragtoer gelewer op die eerste van die naweek se poesië-produksies met die Royal Arts Town-amfiteater (Rata) as gasheer.
Die samewerkingsnaweek is moontlik gemaak deur Poetry Africa – die Sentrum vir die Skeppende Kunste by die Universiteit van KwaZulu-Natal.
Die vier besoekende en bekroonde digters wat vanaand die gehoor in die Royal Hotel op Riebeek-Kasteel se konferensiesaal geroer, geboei en vasgenael laat sit het, is Lebo Mashile, Diana Ferrus, Thando Fuze en Xabiso Vili.
Hul het woorde en stemme gegee aan diep, ontstellende en brandende kwessies en dit met ligter poësie afgewissel.
Die woordkuns word môre voortgesit met ‘n werkswinkel waar dié kunstenaars saam met plaaslike digters wat al die afgelope anderhalfjaar by die maandelikse Rata Poetry Jam optree, kragte gaan saamsnoer vir ‘n vertoning môreaand.
Daar is meer as genoeg rede om te glo dat jy nie môre-aand se Poetic Encounters 2-vertoning mag misloop nie.
Die vertoning begin om 19:00.
Bespreek kaartjies by https://artstown.co.za/events-calendar/