Entertainment

Bekroonde Rata sluit 2021 met PianoMania

image_pdfimage_print

Die Royal Arts Town-amfiteater (Rata), wat vanjaar ‘n rits toekennings ontvang het, sluit Saterdag die eerste deel van die tweede somerseisoen op ‘n ligter nooit af met PianoMania.
Die vertoning is prettig en reg vir die hele gesin.

Twee klawerborde en vier hande – dié van uitstekende pianiste Godfrey Johnson en Nicholas McDiarmid, wat hul klavierspel in ‘n duo saamvoeg vir ‘n jolige mengelmoes om hierdie jaar af te sluit in die gees van die feesgety.

Hulle raak ernstig en hulle raak jolig, hulle raak gevat en kuier by die liefde en die humor en raak sentimenteel met klassieke gunstelinge en verskeie bekendes, waaronder Bach, Mozart, Sondheim, Bowie en Madonna, asook oorspronklike liedjies deur Johnson en McDiarmid.
Daar is slegs een vertoning van PianoMania Saterdagaand om 20:15.
Skud gerus dié jaar se uitdagings af en vergeet ‘n oomblik van ‘n virus met volop ruimte by Rata vir die nodige afstand en vars lug met vistas op Kasteelberg onder die Riebeekvallei se hemelruim.

Die kaartjies kos R150 en R50 vir kinders van 18 en jonger.
Bespreek by www.artstown.co.za/events of skakel 082 851 1262 / 082 570 3083.

Leave a Reply

error: Content is protected !!