GeneralLatest

Tutu het egpaar by Von Elgg-huis getrou

Die dood van dr. Desmond Tutu, een van Suid-Afrika se ikoniese figure, het ook sy besoek aan Malmesbury in 1997 in herinnering kom roep.

Die Nederlander Joop Pinckaers wat destyds vir die Nederlandse Ministerie van Buitelandse Sake gewerk het, was betrokke by die ondersoekeenheid van die Waarheids- en-Versoeningskommissie onder leiding van Tutu.

Voor sy werk in Suid-Afrika het Pinckaers, ‘n kolonel in die Nederlandse Polisiekorps, ook in Wes-Tanzanië gewerk waar hy en sy span die sekuriteit en veiligheid in en om die Rwandese vlugtelingkampe ná die Rwanda-volksmoord ondersoek het.

Hy was ook die medestigter van die Elkana Kindersorgsentrum in Malmesbury.
Hy het die historiese Von Elgg-huis in Malmesbury (by baie ook bekend as die Thiart-huis) gekoop.

Die troue soos vasgevang deur die kunstenaar Sandy Esau

Dit is op die stoep van dié uitsonderlike dubbelverdieping Victoriaanse huis, wat uit die laat 1800’s vroeg 1900’s dateer, waar Pinckaers en sy vrou, Joke, in 1997 deur Aartsbiskop Desmond Tutu in die eg verbind is.
Die kunstenaar Sandy Esau, wat vroeg vanjaar oorlede is, het dié gebeure in ‘n kunswerk vasgevang.

Leave a Reply

error: Content is protected !!