Bekroonde teaterstuk dié naweek by Rata
Gertrude Stein and a Companion deur Win Wells is ‘n uitsonderlike verhaal toewyding, lojaliteit, vertroue, eensaamheid, kameraadskap, wedersydse verstaan, liefde en verlies.
Die toneelstuk speel af in Parys vroeg in die 20ste eeu en vertel die storie van die buitengewone en komplekse verhouding tussen die Amerikaanse modernistiese skrywer en digter Gertrude Stein en haar jarelange lewensmaat oor vier dekades Alice B. Toklas.
Beide Stein en en die skersinnige Toklas het geweier om hul te onderwerp aan die sosiaal aanvaarde standaarde die tyd oor geslag en seksualiteit, en verkies om hul paadjie uit te kap.
Hul het die waardes van die destydse Amerika verwerp en ‘n veiliger hawe in Parys gevind.
Onder hul vriende was bekendes soos Ernest Hemingway, Scott Fitzgerald, Matisse en Picasso.
Die twee het mekaar aangevul met Toklas wat nie alleen hul huishouding behartig het nie, maar ook ‘n kardinale rol gespeel het in die bemarking van Stein se werke.
Stein is in 1946 oorlede.
Ná haar gewilde optrede by die Royal Arts Town-amfiteater in Riebeek-Kasteel met “An Audience with Miss Hobhouse” in dié teater se eerste seisoen keer Lynita Crofford Saterdagaand terug om dié veelbekroonde teaterstuk daar saam met Shirley Johnston op die planke te bring.
Onder hul toekennings vir dié stuk tel die Naledi-toekenning wat Crofford en Johnston gesamentlik in 2020 ontvang het as beste vroulike aktrises in ‘n toneelstuk.
Die regisseur is Chris Weare.
Gertrude Stein and a Companion – Slegs een vertoning by Rata.
Saterdag 8 Januarie om 20:15.
Kaartjies: R150
Bespreek nou by www.artstown.co.za/events of skakel 082 851 1262/082 570 3083.