EntertainmentLatest

RATA se jaar skop op hoë noot af

Die nuwe jaar en tweede gedeelte van die Royal Arts Town-amfiteater se tweede somerseisoen het gisteraand op ‘n hoë noot afgeskop met ‘n uitstekende produksie onder ‘n sekelmaan aan die voet van Kasteelberg.

Met ‘n groot opkoms het Shirley Johnston en Lynita Crofford onder regie van Chris Weare in Gertrude Stein and a Companion net weer op meesterlike wyse bevestig waarom hul al meer as een keer vir hul spel in dié produksie van Win Wells vereer is.

Nico Rens, Solly Smook en Shawn Hewitt
Shirley Johnston as Gertrude Stein
Lynita Crofford as Alice B Toklas

Die verhaal van skrywer Gertrude Stein (Jonhston) en haar Alice Babette Toklas (Crofford) wat hul saamwees tussen kuns en (nou) bekende kunstenaars vind ná hul ontmoeting in Parys, weg van die konserwatiewe waardes in Amerika van dié tyd.
In die eerste helfte van die 20ste eeu – ‘n sensitiewe, maar gevatte vertolking van dié twee Amerikaans-gebore Jode se lewe, teer en onkonvensionele liefde, rolle, skryfwerk en die uitgee van Stein se boeke en hul 39 jaar daar saam.

Shirley Johnston as Gertrude Stein

Stein was ook ‘n kunsversamelaar. Sy is in Julie 1946 op 72 dood en Toklas meer as 20 jaar later op bykans 90. Dié uitmuntende teaterstuk het van 1 tot 5 Februarie ‘n speelvak by Theatre on the Bay.

*Sien meer oor die Royal Arts Town-amfiteater se komende produksie op die Arts Town-webwerf.

Leave a Reply

error: Content is protected !!