EntertainmentLatest

Fotograwe Crous, Crous & Olivier vat 1ste plekke

Drie fotograwe van die Swartland Fotografieklub het gisteraand tussen hulle die eerste plekke in al die kategorieë op dié klub se eerste byeenkoms vir die jaar ingepalm.

JP Crous van Piketberg het die hoogste punte behaal in die tema-afdeling en die junior afdeling en is ook as die algehele wenner van die maand aangewys. Sy algehele wenfoto het ook die beste punt in die ope-afdeling vir monochrome foto’s behaal.

Junior-, Aand- en Monochroomwenner: Nibble me here Nibble me ear ©JP Crous
Temawenner: Sunrise Surprize ©JP Crous

Theuns Olivier van Tzaneen het die afdeling vir selfoonfoto’s gewen en is ook as die senior fotograaf van die aand aangewys.

Selfoonwenner: Raft relaxation ©Theuns Olivier
Windstil skemerkleure ©Theuns Olivier

Ciszanne Crous van Piketberg het met haar foto die beste punte in die ope-afdeling vir kleurfoto’s ontvang.

Ope Kleurwenner: Disrupting our neighbours nap time ©Ciszanne Crous

Die gewilde portretfotograaf Charlene Vernooy van die Paarl was die beoordelaar. Sy het die deelnemende fotograwe geprys vir hul werk: “Ek het vanaand hoë punte gegee, want ek was beïndruk met die foto’s.”

Every Drop Counts ©Henriette Tolken
Knysna Lourie ©Ciszanne Crous
Upclose and Personal ©JP Crous
Carrying precious Cargo ©Ciszanne Crous
When playtime becomes serious ©Ciszanne Crous
Prowling Caracal ©Herman Olivier
Soekende Langtoon ©Theuns Olivier
Take off ©Adriaan Vlok

JP Crous vertel hy het die wenfoto, Nibble me here Nibble me ear, in die Pilanesberg-natuurreservaat geneem. Hy sê dit was eintlik hartseer om te sien hoe een sebra se oor later afgebyt is.

Day On The Beach ©Johan Du Toit
Ellie family ©Soreen Gouws
Focussed fire ©Adriaan Vlok
In Oorvloed ©Theuns Olivier
Perfection ©Louise Spittal
Swartland Summer Sunset ©Herman Olivier
The Art of Seduction ©JP Crous

Die Swartland fotografieklub het ‘n vol program vir die jaar bespreek. Dit sluit etlike foto-uitstappies en fotowerkwinkels in.
Die klub vergader elke tweede Donderdagaand van die maand. Die ledegeld beloop R250 per jaar (R125 vir studente).

Daar is elke maand ‘n tema en lede lê elkeen tot vyf foto’s voor wat deur ervare beoordelaars beoordeel word.
Die tema vir Februarie is Dramatiese Monochrome foto’s.
Belangstellendes kan die voorsitter, Peter Hardcastle, kontak by 083 628 9668.

Leave a Reply

error: Content is protected !!