EntertainmentLatest

Riebeek vier liefde met Opera en First Fridays

Februarie is Valentynsmaand en op Riebeek lig hul dié naweek op gepaste wyse die spreekwoordelike “bar” met ‘n opera by die Royal Artstown-amfiteater en ‘n hele Liefdestema vir die gewilde First Fridays-naweek.

Ubuntu Opera bied Saterdagaand die Midsummer Opera, with Love by dié besondere opelugteater aan met die jong sopraan Estella Aleknaviciute saam met die Suid-Afrikaanse bas Reuben Mbonambi.
Die twintigjarige Aleknaviciute kom van Litaue. Sy het op die ouderdom van 15 met opera- en vioolopleiding aan die Jazeps Medins-kollege in Letland begin. Hier het sy in 2020 gegradueer.

In dié tyd het sy by talle internasionale feeste regoor Europa opgetree in ‘n verskeidenheid genres. In 2021 het sy by die Universiteit van Kaapstad se Operaskool ingeskryf vir verdere operastudies.

Estella Aleknaviciute, Reuben Mbonambi en Juan Burgers

Mbonambi is oorspronklik van Zululand en het al rolle in Die Zauberflote en Lucia di Lammermoor vertolk.
Hul sal op die klavier begelei word deur die stigtersdirekteur van Ubuntu Opera, Juan Burgers, wat al etlike toekennings, waaronder die Nederburg Operaprys en Nasionale koormusiek-toenning, ontvang het.

Ubuntu Opera is ‘n geselskap vir jong operasangers wat op die beginsels van mentorskap berus.
Dié musikante sal saamspan vir ‘n romantiese aand onder die sterre met arias van Mozart, Verdi en Puccini, Spaanse, Duitse en Russiese liedjies deur Granados, Schumann, Brahms en Rachmaninoff, liefdesduette en gewilde juwele uit musiekteater.

Bespreek kaartjies vir dié spesiale Opera (slegs een aand) 5 Februarie om 20:15 @ R150 by webtickets.

*Die Februarie First Fridays-naweek sluit die gebruiklike mark (The Village Market on the Square) Saterdagoggend op die plein in Riebeek-Kasteel in asook vieringe elders in die Swartland soos die Pizza-aand Vrydagaand 4 Februarie op Kalmoesfontein in die Paardeberg.

Leave a Reply

error: Content is protected !!