EntertainmentLatest

Ubuntu Opera bring romanse na Riebeek se Rata

Op ‘n perfekte sterligaand onder die sekelmaan het twee jong operastemme gisteraand die lug gevul vir ‘n romantiese atmosfeer by die Royal Arts Town-amfiteater (Rata) op Riebeek-Kasteel.

Ubuntu Opera onder leiding van stigtersdirekteur Juan Burgers het vir die eerste keer opera na Rata gebring met die jong sopraan Estella Aleknaviciute uit Litaue en die Suid-Afrikaanse bas Reuben Mbonambi.

Juan Burgers en Reuben Mbonambi

‘n Groot aantal teatergangers het geluister na dié twee besondere stemme se vertolkings van onder meer Mozart, Sarti, Dvořák, Brahms, Puccini, Rachmaninoff, Rogers en Lehar.

Estella Aleknaviciute

Mbonambi is oorspronklik van Zululand en het al rolle in Die Zauberflote en Lucia di Lammermoor vertolk.

Aleknaviciute, op haar beurt, het haar opera- en vioolopleiding aan die Jazeps Medins College in Letland begin en al by talle internasionale feeste regoor Europa opgetree in ‘n verskeidenheid genres.

Sy studeer ook tans aan die Universiteit van Kaapstad se Operaskool. Burgers het hul op die klavier begelei.

Leave a Reply

error: Content is protected !!