EntertainmentLatest

Riebeekvallei skud weer vere reg vir Mardi Gras

Innoverende kleurvolle kostuums wat die koppe laat draai, troeteldiere opgetooi en interessante vlotte op enigets met wiele.
Dit is waarna inwoners en besoekers kan uitsien met die volgende First Fridays-naweek in Maart wat weer ‘n Mardi Gras-tema het.

Die organiseerders het ook alle besighede in die Riebeekvallei en inwoners genooi om solank hul planne vir hul kostuums en vlotte agtermekaar te kry om in die vieringe te deel.
Die optoggangers sal Vrydag 4 Maart om 17:30 byeenkom voor die optog begin. Die roete sal later aangekondig word.
Die First Fridays-naweke groei maandelik in gewildheid.

Hoe kan jy deelneem?
Besighede, organisasies, skole, gesinne en individue kan vlotte inskryf. Dit kan enige versierde vervoermiddel wees soos bakkies, motors, minibusse, tuk-tuks, motorfietse, fietse, driewiele, kruiwaens, rolstoele, karretjies en selfs skaatsplanke.
Versier die vervoermiddel helder en neem aan dié kleurvolle optog deel.

Natuurlik sal dit goed wees om veral herwinde materiaal vir dié doel te gebruik.
Vir diegene wat nie ‘n vlot wil bou of hul wiele wil versier nie, is daar ‘n Mardi Gras -kostuumafdeling om aan deel te neem.
“Kom geklee in jou beste Mardi Gras-tema kostuum (pers, goud, groen of iets dergeliks) maar hou dit tog gesinsvriendelik asseblief,”vra die organiseerders).

Die Beste Vlot, Beste Kostuum en Bes Geklede Troeteldier sal elk ‘n kontantprys losslaan.
Indien jy wil deelneem, kontak vir Sean Cleary-le Grange via WhatsApp by 073 307 8289 of e-pos by sean.cleary@gmail.com nie later nie as Maandag 28 Februarie.
*Onthou, jy moet geregistreer wees om deel te neem aan die en in die parade te stap.
Registrasie is gratis.

Soos die organiseerders sê: Les Bons Temps Rouler… “Laat die goeie tye rol!”

Leave a Reply

error: Content is protected !!