EntertainmentLatest

‘So High’ besorg Olivier 1ste plek

‘n Monochrome foto van Herman Olivier het hom met die louere as algehele wenner laat wegstap op vandeesmaand se byeenkoms van die Swartland Fotografieklub.

Olivier van Malmesbury se foto So High het ook die afdelings vir monochrome foto’s en senior fotograwe gewen.

Wenner: Monokroom, senior en algeheel – So High ©Herman Olivier

Die klub se tema vir die maand was troeteldiere en hier het Olivier ook die wenfoto, Little Lucky, ingeskryf.

Temawenner – Little Lucky ©Herman Olivier

Die afdeling vir junior fotograwe is deur Ciszanne Crous van Piketberg gewen met haar foto Perfect Timing.

Junior wenner – Perfect Timing ©Ciszanne Crous

Peter Hardcastle, meesterfotograaf van Malmesbury, het die afdeling vir gedrukte foto’s gewen met sy afdruk getiteld A mother’s love terwyl Louise Spittal van Malmesbury se foto I smell a little smell die wenner was in die kategorie vir selfoonfoto’s.

Wenner: afdrukke – A mothers love ©Peter Hardcastle
Selfoonwenner – I smell a little smell ©Louise Spittal

Die bestuur het besluit om van vandeesmaand af ook wenners in die twee ope kategorieë – monochroom en kleur – aan te wys.
Olivier het eersgenoemde gewen en Adriaan Vlok van Malmesbury het met sy Moving Beach die kleurafdeling gewen.

Wenner: Ope Kleur-afdeling – Moving beach ©Adriaan Vlok

Al die fotograwe wat in die afdeling vir gedrukte foto’s deelneem, kom kwartaalliks in ‘n gelukkige prystrekking in aanmerking vir ‘n geskenkbewys van die spesialis drukstudio en gallery Pictorex op Riebeek-Kasteel. Vandeesmaand se gelukkige wenner was Soreen Gouws van Piketberg.

Die klub se tema vir April is produk- en tafelbladfotografie.
Daar is ook ‘n spesiale uitstappie met die oog op dié tema op 26 Maart.

Die klub se volgende byeenkoms is op 7 April.
Vir enige navrae oor die klub se aktiwiteite, program vir die jaar of om aan te sluit, skakel die voorsitter Peter Hardcastle by 083 628 9668.

Leave a Reply

error: Content is protected !!