EntertainmentLatest

Wen met 20ste Buite-ekspo

Dit is weer amper tyd vir die kykNET Buite-ekspo van 25 tot 27 Maart op die Môreson-plaas langs die N7.
Vanjaar is ‘n besondere mylpaal in die bestaan van dié gewilde buitelugbyeenkoms wanneer dit oor minder as drie weke vir die 20ste keer aangebied word.
Ná ‘n noodgewonge afwesigheid weens die pandemie is die ekspo vanjaar met mening terug.

“Al die voorgeskrewe protokolle sal geld,” sê organiseerder Marius Opperman van Trio Events, maar aan uitstallings, aktiwiteite en vermaak is daar geen tekort nie.
Naas die uitstallings van die nuutste produkte in die kampeer- en 4×4-mark is daar iets vir almal op die program.
Onder die aktiwiteite tel Action Ford Malmesbury se Ford Raptor-ervaring waar die publiek gratis saam met ervare bestuurders kan ry en sien waartoe dié besondere voertuig in staat is.
Daar is ook weer die gewilde helikopterritte om die ekspo en omgewing uit die lug te besigtig.

As jarelange vennoot van die ekspo sal Jimmy’s Sauces ook weer ‘n unieke braaikompetisie aanbied met kykNET-akteurs en die Hankook-verhoog skep weer ‘n platform vir top-kunstenaars wat ekspo-gangers sal vermaak.
Die organiseerders maak ook voorsiening vir die honger mae en droë kele met ‘n groot verskeidenheid feeskosstalletjies en “vloeibare verversings.
“Ook vir die dames is daar die kuns- en snuffelmark waar ‘n groot verskeidenheid van hierdie kwaliteitprodukte beskikbaar sal wees.

“Ons het nie vergeet van die kinders nie en daar sal ‘n lekker groot pretpark wees en Lollos verras weer die Sondagoggend met een van hul treffervertonings.”
Trio Events het ook pas aangekondig dat “Mnr Voetspore”, Johan Badenhorst, sy reisgidse (Voetspore in Suid Afrika 1 & 2) amptelik by die ekspo gaan bekendstel. Ontmoet Badenhorst self by ekspo. Hy gaan ook ‘n kort praatjie lewer op die Hankook-verhoog. Dié inisiatief word moontlik gemaak deur BushLapa in die Paarl. Kry jou eie reisgids geteken deur Badenhorst by Bushlapa se uitstalareas: plotte 1, 2, 99 en 100.

Daar is vanjaar ook weer die gratis 4×4-ervaring waar besoekers saam met André de Villiers van Safari 4×4-roetes sy VW Amarok-hindernisroete kan meemaak.
Die kunstenaars op die Hankook-verhoog is Rooies en sy Orkes, Mark Haze, Dani Ville, Oriana van der Westhuizen, Johan Liebenberg, Nadia Louw, Dewald Dippenaar, Desmond Wells, Early B, Wynand Windpomp, Chereé, Amoré en Riaan Grobler.

Besoek www.ekspo.co.za vir meer oor die kykNET Buite Ekspo.
Kaartjies is beskikbaar by www.ticketmaster.co.za of by die hekke.
Opperman moedig besoekers aan om vooraf hul kaartjies aanlyn te koop sake by die hekke te vergemaklik en wagtyd te verkort.

WEN WEN WEN!!!
*Saam met vanjaar se ekspo gee dié courant toegangskaartjies weg.
5 lesers kan in dié ronde elkeen ‘n dubbelkaartjie wen. Die kaartjies gee toegang vir een persoon vir een dag – enige dag van Vrydag 25 tot Sondag 27 Maart.
Om in aanmerking te kom, stuur ‘n SMS of whatsapp met jou NAAM, DORP en E-POSADRES teen Woensdag 16 Maart 2022 na 076 357 2920.
Jou gewone SMS-tarief geld, asook jou gratis SMS’s as jy het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!