EntertainmentFEATURED

Crous oes louere met ‘Family Time’

Beoordelaar David Barnes het op die Swartland Fotografieklub se maandvergadering die inskrywing Family Time van Ciszanne Crous van Piketberg as die algehele wenner aangewys.

Crous se foto wat ook die ope afdeling vir kleurfoto’s en dié vir junior fotograwe gewen het, het ‘n werk Mesmerized 2 van Herman Olivier van Malmesbury met ‘n kortkop geklop. Laasgenoemde foto was die wenner in die ope afdeling vir monokrome foto’s asook die senior wenner. Barnes het aan beide foto’s 28 uit die moontlike 30 punte toegeken.

Mesmerized ©Herman Olivier
Bo-Kaap Beauty ©Herman Olivier

Die ander wenners van die aand was Olivier se Bo-Kaap Beauty (gedrukte foto’s), Crous se Silence before the storm (selfoonfoto’s) en Theuns Olivier van Tzaneen se Geurige bestanddele (temawenner). Die tema vir die maand was produk- en tafelbladfotografie.

Geurige bestanddele ©Theuns Olivier
Silence before the storm ©Ciszanne Crous

Die klub se tema Mei is portretfotografie.
Vir dié tema het die klub ‘n uitstappie na die De Wet Wynkelder by Worcester onderneem. Die minikompetisie vir deelnemers is deur Adriaan Vlok van Malmesbury gewen met sy foto Pot of Gold.

Pot of Gold ©Adriaan Vlok

Hier is die ander foto’s wat vandeesmaand 24 en meer uit die moontlike 30 punte gekry het.

Power of Time ©JP Crous
The Spirit Of Africa ©Herman Olivier
Pop it like its Hot ©Ciszanne Crous
Ive got my eye on you ©Herman Olivier
Surf Splash ©Adriaan Vlok
Gert ©Peter Hardcastle
Deur die blare ©Adriaan Vlok
KWV Port 1961 ©Peter Hardcastle
Tropic Thunder ©JP Crous
Die Grasdakdamhuisie ©Theuns Olivier
Basterskloof dam sunrise ©Herman Olivier
Valley of magic ©Henriette Tolken
Hallo Polly ©Theuns Olivier
Winter warmte potensiaal ©Soreen Gouws
Verganklikheid ©Theuns Olivier

Belangstellendes wat meer inligting oor die klub se bedrywighede wil bekom, kan die voorsitter, Peter Hardcastle, kontak by 083 628 9668.

Leave a Reply

error: Content is protected !!