Jong studente leer van programmering, robotika
Die doel van die klasse is om studente vir latere studies in die velde van programmering, robotika en en verwante rigtings voor te berei.
Só vertel Heinrich Rall oor die klasse wat hy en sy seun, Hjalmar, weekliks aanbied.
Hjalmar is tans op 19 besig met sy meestersgraad in kwantumrekenaars aan die Universiteit Stellenbosch.
“Dit is belangrik om die studente/leerders eerder vroeër as later bloot te stel.
“Ons begin met basiese programmering wat ‘n pretkomponent insluit om die kinders aan te moedig om meer te wil leer.”
‘n Groep jong studente ry elke week van so ver as Darling en Wolseley na Riebeek-Kasteel waar hulle onderrig ontvang.
Kontak Heinrich Rall by 082 920 4875 vir meer inligting.